Agulhas Erfenis-Vereniging Tuisblad/Agulhas Heritage Society Home Page

Welkom by die Agulhas Erfenis-Vereniging se tuisblad.

  • Vir meer inligting oor hoe om ‘n lid te raak, ons konstitusie en ons bestuurspan, kliek hier
  • Vir ons nuutste nuus/events, kliek hier

Algemene Jaarvergardering 9 April 2022

Die Algemene Jaarvergadering het op 09 April 2022 in die Suiderlig Dienssentrum in Struisbaai plaasgevind. Behalwe aan lede, is ‘n ope uitnodiging aan die gemeenskap via die plaaslike media en sosial media uitgestuur. Die normale agenda is gevolg: die Voorsittersverslag, die Finansiële verslag en die verkiesing van ‘n nuwe komitee vir 2022/23. Die komitee is: Andrè Kuhn (Voorsitter), Nico Walters (Onder-Voorsitter en Tesourier), Emmerentia de Kock (Sekretariaat), Johann Pienaar (Biblioteek en Argief), Giel de Kock (Wyk 5 en SIV verteenwoordiger).

Beplande aktiwiteite vir die jaar is voorgehou en sal daaroor in die Nuusbrief berig word en kennisgewings soos gewoonlik uitgestuur word. Die Agulhas Joernaal 3 is ook daar bekendgestel.

Daar is besluit om ‘n sertifikaat vir die Speler van die Jaar aan Yvonne (Mosie) Hope vir jarelange ondersteuning vir Agulhas NP se kultuur-erfenisprogramme, en die voortsetting daarvan aan die Agulhas Erfenis-vereniging, te oorhandig.

‘n Sertifikaat as ‘n Lewenslange lid van die Agulhas Erfenis-vereniging is aan Meg Cowper-Lewis in absentia oorhandig.

Ledegeld is van R100,00 na R120,00 verhoog. Die aanbieding na die formele vergadering prosedures was oor die Kaap Agulhas Vuurtoring-ontwikkeling, wat nou in April begin het.

‘n Tafel-uitstalling met kultuurprodukte is deur Marie van As aangebied en die Suiderlig Dienssentrum het met heerlike verversings die oggend afgesluit.

Huidige Inisiatiewe:

Aanbiedinge van lede:

  • Dr Nico Walters aanbieding oor “Die bewaring van die Erfenis van die mees Suidelikste punt van Afrika en sy omgewing” 
  • Esna Swart: Presentation about Dias’s voyage around the southern tip

Gassprekers:

  • Lita Webley: Presentation about the archaeological heritage of the southernmost tip’s shell middens